Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 16 NOVEMBER 2014
Goeiemôre en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolinkluisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e/pos te ontvang.
Ons begin vanmore se bulletin met twee stil sleutels:

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Jenni Reilly, ZS4J, na 'n lang stryd teen kanker op 10 November 2014. Jenni was die sekretaresse van die Bloemfontein amateurradio klub.

Ons betuig ons innige simpatie met Jenni se eggenoot Warren ZS4W en hul dogters Amber en Bianca asook ander familie en vriende.

Dit is ook vir ons hartseer om die afsterwe van Joe Mayer, ZS6ANW, op Dinsdag 11 November, na 'n lang stryd met kanker, aan te kondig. Joe sal altyd onthou word as “Arme Nat Wurm”. Joe het beskik oor 'n ongelooflike kennis van die Vredefort Koepel en het gereeld ekspedisies na hierdie natuurwonder gelei. Joe was Professor in geologie aan die universiteit van Potchefstroom en was tot onlangs nog aktief betrokke by die Potchefstroom amateurradio klub.

Hier sal hy onthou word vir sy pionierswerk in verskillende rigtings asook vir sy betrokkenheid by Morse kode.

Ons innige simpatie ook aan Joe se eggenote Alet, hul kinders, ander familie en vriende.

* * * * Pouse * * * *

IN VANDAG SE NUUS

NASIONAAL GEĎNTEGREERDE ICT BELEIDSDOKUMENT GEPUBLISEER

AMSAT VIER 40 JAAR VAN AO-7 IN DIE RUIMTE
DIE KRAGTIGSTE RADIO SEIN OOIT 40 JAAR GELEDE RUIMTE TOE GESTUUR
GAAN ASB HERHALER INLIGTING NA

Bly gerus ingeskakel vir meer hieroor en ander nuus items
** Die departement van pos en telekommunikasie het 'n 300 bladsy beleidsdokument met betrekking tot die nasionale geďntegreerde ICT beleid gepubliseer. Hierdie dokument kan vanaf die SARL web blad afgelaai word. Die SARL sal hierdie dokument bestudeer met die oog op die moontlike insluiting van amateurradio in die finale dokument. Tans wil dit voorkom asof amateurradio nie in die huidige dokument genoem word nie.

Kommentaar moet teen 15 Januarie 2015 ingedien word. Die SARL versoek persone wat belangstel daarin om hierdie dokument te bestudeer en wat moontlik insette kan lewer om dit teen die middel van Desember aan sarlgwg@sarl.org.za te lewer vir moontlike insluiting in die SARL se kommentaar. Die dokument kan verkry word vanaf www.amateurradio.org.za/SARLREGULATORYWG.htm

** SA AMSAT versoek persone wat moontlik 'n voorlegging tydens die 2015 ruimte simposium wil lewer om hul voorstelle voor of op 31 Januarie 2015 aan saamsat@intekom.co.za te stuur. Die simposium word aangebied op 23 Mei 2015 by die Innovation Hub in Pretoria en die tema vir hierdie geleentheid is “Kommunikasie en die ruimte, die definitiewe uitdaging vir amateurradio.

** Die laaste opdatering van die SARL herhaler databasis is op 22 Oktober gemaak. Daar is egter nog heelwat herhaler en onbemande stasie inligting wat nie op datum is nie. Daar is verskeie lisensie nommers wat as tydelik aangedui word en ook verkeerde lisensie nommers.
Klubs word versoek om binne die volgende twee weke hul herhaler en of onbemande dienste, soos BBS en of baken, inligting op die SARL databasis na te gaan en op datum te bring waar nodig. Die herhaler koördineerder sal binnekort begin om die databasis inligting te korreleer. Herhalers en ander onbemande dienste wat nie op datum is nie sal summier verwyder word.


** Saterdag, November 15, het AMSAT-OSCAR 7 (AO-7) sy 40ste lanseringsjaar gedenk. Op 15 November 1964 is die satelliet vanaf Vandenberg Lugmagbasis in Kalifornie gelanseer. Die spesiale geleentheidstasie W7O sal tot en met 24 November op die lug wees om hierdie geskiedkundige geleentheid te herdenk. Die amateurradio satelliet entoesias Patrick Stoddard, WD9EWK/VA7EWK, het die W7O roepsein geregistreer en sal die spesiale geleentheid stasie vanaf Arizona deur amateur satelliete insluitend AO-7 bedryf. Hy hoop ook om ander operateurs te werf vir dié viering op ander bande en ook vanaf ander plekke.
** Die kragtigste radio sein ooit is op hierdie dag in 1974 die ruimte ingestuur vanaf die Arecibo radio teleskoop in Puerto Rico op 2,380 GHz met 'n effektiewe berekende uigestraalde drywing van 20 TeraWatt wat deur 'n 1 MegaWatt sender opgewek was.
Die 3 minuut lange binęre boodskap was deur Dr. Frank Drake en Prof. Carl Sagan opgestel en is in die rigting van M13, 'n ster groep in die Hercules konstellasie wat toevallig op daardie tydstip reg bokant die uitstraal skottel geleë was gestuur. Hierdie groep was op daardie oomblik ongeveer 25 000 ligjaar vanaf die aarde
Die radio teleskoop bestaan uit 'n 305 meter sferiese reflektor wat met aluminium plate bedek is . Die ontvangs module is ongeveer 150 bokant hierdie reflektor op 'n platvorm wat aan 18 kabels hang. Hierdie kabels is geanker aan 3 versterkte beton toring waarvan die langste 110 hoog bo die grondvlak uittroon.

Arecibo is ook toegerus met 3 radar senders, een 20 Terra Watt 2380GHz, een 2,5 Tera Watt 430 MHz en een 300 Mega Watt 47 MHz.
Jy is ingeskakel op 'n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 29 November 2014 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Noel ZR6DX 082 490 9934.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek 2205 is besig om te verval maar kan nog steeds die bron van M- en X-klas sonfakkels wees.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 130.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met 'n goeie waarskynlikheid vir opwindende 10 m openinge.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Dagboek
Vandag 16 November - Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag sowel as die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF en UHF kompetisie
29 en 30 November - CQ WW DX GG kompetisie

6 Desember kan jy uitsien na die SARL digitale kompetiesie
13 & 14 Desember ARRL 10 meter kompetisie
Die SARL versoek radio amateurs. wat belang stel daarin om die departement van pos en telekommunikasie se 300 bladsy beleidsdokument te bestudeer vir moontlike insluiting van amateurradio in die finale dokument. om hul insette teen middel Desember aan die sarlgwg@sarl.org.za te stuur.
En so kom ons aan die einde van hierdie Suid Afrikaanse Radio Liga nuusbulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister ook elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Ons dank aan die Potchefstroom Amateurradio klub, Bloemfontein Amateurradio klub, Wesrand Amateurradio klub, Dennis Green ZS4BS, Francois Botha ZS6BUU, Mike Bosch ZS2FM, Hannes Coetzee ZS6BZP en al ons ander gereelde bydraers.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC en gelees deur .............................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003